Nou volg die stamboom van die nageslag van Ismael, die seun van Abraham en Hagar, Sara se Egiptiese slavin. Dit is die name van die seuns en die familiegroepe van Ismael se nageslag. Die oudste seun was Nebajot, gevolg deur Kedar, Adbeël, Mibsam, Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. Hierdie is die seuns van Ismael en ook die name van hulle nedersettings en blyplekke – twaalf heersers van die stamme wat na hulle vernoem is. Ismael was 137 jaar oud toe hy gesterf het en begrawe is. Ismael se nageslag was oor die land versprei vanaf Gawila tot by Sur, oos van Egipte, in die rigting van Assur. Die familiegroepe het in konflik met mekaar gelewe.
Lees GENESIS 25
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: GENESIS 25:12-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's