Hier volg die familiegeskiedenis van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese slavin van Sara, vir Abraham in die wêreld gebring het. Hier volg die name van Ismael se nageslag. Hulle name is volgens hulle familiegeskiedenis: Die eersgeborene van Ismael was Nebajot, dan Kedar, Adbeël, Mibsam, Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. Dit was die nageslag van Ismael, en dit was hulle name – twaalf leiers van hulle stamme in hulle gehuggies en kampe. En dit was Ismael se lewensjare – 137 jaar. Hy het sy asem uitgeblaas en gesterf, en hy is met sy mense verenig. Ismael se nageslag het gewoon van Gawila af tot by Sur, wat oos van Egipte lê in die rigting van Assirië. Aan die oostekant van al sy bloedverwante het hy hom gevestig.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Genesis 25:12-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's