Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 25:1–11; Hebreërs 6:13–20
SOAP: Hebreërs 6:17–18
En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met 'n eed gewaarborg. Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is.
Oordenking
God het verseker sy beloftes aan Abraham gehou en Abraham se lewe is gekenmerk deur ongelooflike geloof. Alhoewel hy nie perfek was nie, het Abraham God weer en weer geglo. Hy is as regverdig voor God gereken as gevolg van sy geloof.
Genesis 25 en 26 is nie in chronologiese volgorde nie; die verhaal van Abraham se dood word eerste gegee om die hoofstuk oor hom af te sluit as die waarborg van die belofte. Abraham het vir 175 jare geleef, dit wil sê hy het nog 15 jaar geleef na die geboorte van Jakob en Esau. Abraham het God se beloftes gesien waar word. God het hom nie net die vader van baie nasies en stamme gemaak deur sy sewe ander seuns nie, maar Abraham het ook Isak se nageslag geken.
Aan die einde van sy lewe het Abraham steeds in geloof gehandel. Alhoewel hy geskenke aan sy ses jonger seuns en aan Ismael gegee het, het hy alles wat hy gehad het, aan Isak, die erfgenaam van die belofte, nagelaat. Isak was die een deur wie God sou voortgaan om die nasies van die aarde te seën en wie se nageslag die land sou erf. God se belofte is onveranderlik, maak nie saak wat nie. God het die onveranderlike aard van sy plan en doel nie net aan Abraham gedemonstreer nie, maar ook aan Isak en Jakob. Abraham se geloof het toekomstige generasies beïnvloed om geloof in God se beloftes en sy verbond te hê en om in volgehoue gehoorsaamheid aan Hom te leef.
Abraham het seker gemaak dat die beloftes van God vervul sal word in toekomstige generasies. Alhoewel ons dalk nie die volheid van God se plan en doelwitte in ons leeftyd sien uitspeel nie, is dit belangrik dat ons die jonger generasies sal leer en opvoed om met God te wandel, sodat sy beloftes en doelstellings kan voortgaan. Sy doel is onveranderlik en ons kan bemoediging vind in sy onveranderlike aard. Ons het, soos Abraham, 'n verantwoordelikheid om God nie net in ons leeftyd te volg nie, maar ook om toekomstige generasies voor te berei om in God te glo en Hom te volg.
Gebed
Here God, U is onveranderlik. U hou u woord. Wanneer U 'n belofte maak, vervul U dit sonder twyfel. Ek glo dat U beloftes onveranderlik en betroubaar is. Help my om die volgende generasie te leer en aan te moedig om U met hulle hele hart te volg. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine
