Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 23; Hebreërs 11:13–16
SOAP: Hebreërs 11:13
Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.
Oordenking
Sara se dood, soos opgeteken in Genesis 23, het die gehoor (en ons) daaraan herinner dat God se beloftes dikwels verder strek as ons leeftyd. Die oorspronklike lesers van Genesis het verstaan dat hoewel Sara (en later Abraham) gesterf het, God steeds gewerk het om sy beloftes na te kom omdat hulle die vervulling van God se belofte was. Hulle was besig om voor te berei om die land Kanaän binne te gaan; die land wat God belowe het, sou hulle s'n wees.
Vanuit Abraham se perspektief was Sara se dood 'n aanduiding dat God se belofte deur sy nageslag voltooi moes word. Die belofte om 'n groot nasie te word, om die land te beërwe en 'n seën vir alle nasies te word, sou nie in Abraham of Sara se leeftyd vervul word nie, alhoewel hulle dit kon sien kom. Abraham het besef dat hy nodig het om vir die toekoms voor te berei, om Isak en sy kinders voor te berei dat hulle diegene is wat die belofte in hul leeftyd sal sien vervul word.
Abraham het in geloof opgetree. Hy was nog steeds 'n vreemdeling in die land, sonder enige aanspraak op enigiets, selfs 'n klein veld. Tradisioneel sou Abraham teruggekeer het na Paddan Aram, waar sy gesin gewoon het, en sy vrou daar begrawe het. In plaas daarvan koop hy 'n stuk grond en 'n begraafplaas van Efron, die Hetiet. Deur Sara daar te begrawe, het Abraham Kanaän sy permanente tuiste gemaak. Dit is die plek waarheen sy nageslag sou terugkeer om hul dooies te begrawe. Dit sou die land wees waar sy nageslag gewoon het.
Sara sterf in geloof en besef dat God langer as haar leeftyd kan werk en sy beloftes aan haar nageslag sal nakom. Abraham het ook in geloof opgetree en geglo dat selfs as hy nie God se belofte in sy leeftyd ten volle sien verwesenlik nie, God steeds sy verbond sou vervul. God se beloftes word nie beperk deur ons vermoëns, hoeveel geloof ons het of ons leeftyd nie. Hy sal sy beloftes op sy perfekte tydstip nakom, ongeag die lengte van ons lewens of die lengte van ons geduld.
Gebed
God, u begrip van tyd is soveel groter en meer volledig as myne. Ek sukkel om u tydsberekening te verstaan. Gee my bereidwilligheid om op U te wag, ongeag die omstandighede. Gee my geloof om te glo dat U kan, en U sal u beloftes in u perfekte tyd nakom. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding
