Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 25 VAN 43

Lees: Genesis 22:1–19; Hebreërs 11:17–19

SOAP: Genesis 22:14 

Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”


Oordenking

Ons bereik die klimaks van die Abrahamitiese verhaal in Genesis 22. God het aan Abraham 'n toets gegee, nie om te sien of sy geloof teëspoed en beproewing sou oorleef nie, maar om te sien of Abraham 'n direkte opdrag sou gehoorsaam wat God se belofte weerspreek.

Isak was God se uitverkore afstammeling van Abraham, die een deur wie God 'n groot nasie sou maak, wie se nageslag die land sou beërwe en deur wie al die nasies op aarde geseën sou word. Die spanning en die betekenis van God se opdrag aan Abraham om Isak aan Hom te offer, is verhoog met elke frase van God se opdrag: "... jou seun - jou enigste seun vir wie jy lief is, Isak ..."

Abraham het sonder om te huiwer gehoorsaam. Hy het voorbereidings getref en deurgegaan met God se opdrag. Alhoewel hy geglo het dat hy Isak as offer sou bring, het sy gehoorsaamheid aan God die diepte van sy geloof getoon. Abraham het God se voorsiening gesien. Hy noem die berg 'Die HERE voorsien.' Sy geloof in God se voorsiening het hom die geloof gegee wat hy nodig gehad het om Isak te offer. Hy het die opdrag van God gehoorsaam omdat hy werklik in God se voorsiening geglo het, en God het inderdaad voorsien.

Onderwyl ons nadink oor Abraham se gehoorsaamheid, kan ons nie anders as om onsself af te vra hoe gewillig ons is om te gehoorsaam nie. As God van ons vra om Hom te volg, vereis Hy dikwels dit wat vir ons die dierbaarste is. Is ons bereid om hierdie dinge vir Hom te gee en te glo dat Hy sal voorsien? Hy het Abraham se behoefte gesien en 'n ram voorsien. Hy sien ook ons behoefte, maar dit beteken nie dat Hy ons altyd sal teruggee wat Hy ons vra om aan Hom te gee nie. Offer is die kern van ware aanbidding en gehoorsaamheid. God het Abraham gevra om Hom iets te gee wat Hy hom gegee het, iets wat in God se wil vir Abraham was om te hê. As God dieselfde van ons vra, mag ons, net soos Abraham, vertrou op sy vermoë om te voorsien, en mag ons sonder om te huiwer gehoorsaam wees.


Gebed

Here God, ek smag daarna om gehoorsaam aan U te wees, ongeag wat U vra. Gee my geloof soos Abraham, en geloof dat U sal voorsien. Gee my geloof om u opdragte te vertrou, selfs wanneer dit groot opoffering vra. Amen.



Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/