Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 21:22–34; Romeine 12:9–21
SOAP: Romeine 12:18
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
Oordenking
Genesis 21 beskryf die maniere waarop God potensiële bedreigings vir die belofte verwyder het. Die tweede aspek van die belofte was dat Abraham se nageslag die land Kanaän sou ontvang en daar sou woon. Destyds het Abraham egter nie wettige aansprake op die land gehad nie.
Abimelek het twee dinge oor Abraham herken: dat God met hom was en dat Abraham nie altyd betroubaar was nie. Abraham en Abimelek het tot 'n vreedsame ooreenkoms gekom oor 'n waterput, wat bevestig dat Abraham in die land kon bly. Deur 'n boom daar te plant, het Abraham 'n permanente herinnering aan homself en sy nageslag van God se belofte gemaak: God sou die land aan hulle gee. Abraham het in die land gebly en die boom was 'n herinnering aan sy geloof en die veiligheid van die belofte.
Met die verdrag het God nog 'n bedreiging vir die belofte verwyder. Al was Isak nog 'n kind en alhoewel Abraham nie aanspraak gemaak het op die land wat hom beloof is nie, kon Abraham God sien werk om sy belofte na te kom en enige bedreigings te verwyder. God was voortdurend met Abraham en belowe beskerming en voorsiening.
Die laaste aspek van die belofte was dat Abraham (en sy nageslag) 'n seën vir alle nasies sou wees. Die insluiting van hierdie verhaal in Genesis het die generasie Israeliete wat die Beloofde Land binnegekom het, herinner aan hoe hulle met ander nasies moes omgaan. Die vreedsame oplossing van geskille moes hul doel wees. Abimelek het geweet dat Abraham aan God behoort, en deur die konflik op 'n vreedsame manier op te los, was Abraham 'n seën vir sy naaste. Dieselfde sou geld vir Israel: wanneer hul bure herken dat hulle deur God gekies is, kon hulle daardie bure tot seën wees.
Ons is ook 'n seën vir ander as hulle besef en verstaan dat ons aan Christus behoort. Wanneer ons probeer om in gehoorsaamheid aan Christus te leef, word ons ook tot seën vir ons naaste. Soos ons streef na vreedsame verhoudings, toon ons die liefde van Christus, die grootste seën en vervulling van God se belofte aan Abraham.
Gebed
Here Jesus, ek wil 'n seën wees vir diegene rondom my. Wys my hoe ek in vrede met my bure, vriende en familie kan leef. Laat my toe om ander te seën met die waarheid en met die hoop op redding wat U my gegee het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
