Oorkom Angs: Jou Bybelse Gids Tot Bevryding Van Angs En Bekommernis Voorbeeld
Trap Die Satan Onder Jou Voete
Weet dit: Jy hoef nie voortdurend voor die Satan se heerskappy te swig nie. Jesus het reeds die Satan oorwin toe Hy sy bloed vir ons aan die kruis gestort het. Ek wil regtig hê jy moet dit verstaan: Daar is krag in die Naam van Jesus om vestings neer te werp. Sê dit hardop saam met my: "Daar is krag in die Naam van Jesus om vestings neer te werp." Sê dit weer: “Daar is krag in die Naam van Jesus om vestings neer te werp.” Ons het nie gesag oor die Satan en sy planne as gevolg van enigiets wat ons gedoen het nie. Maar, as gevolg van wat Christus vir ons gedoen het, het ons daardie krag. Dank God elke dag daarvoor.
My vriend, leer hoe om die Satan onder jou voete te trap. Jesus het dit gedoen, en as gawe het Hy aan ons die gesag gegee om dieselfde te doen. Ons moet in daardie gesag wandel. Wanneer jy 'n angstige gedagte het of vrees oor jou kom, oefen jou geboortereg uit en sê vir daardie vesting: "Gaan weg van my in die Naam van Jesus." Vervang daardie angstige gedagte dadelik met die Woord van God en haal enige Bybelvers aan wat jy op daardie tydstip in jou hart gebêre het. Ek kan gewoonlik vinnig 'n paar gunstelinge verse onthou, soos: "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie" (1 Johannes 4:18) of "Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing" (2 Timoteus 1:7). Ons moet onsself doelbewus daaraan herinner dat God ons 'n gesonde verstand en selfbeheersing gegee het. Dis hoe ons die Satan onder ons voete trap.
Gebedsfokus: Staan tyd met God in gebed af. Vra sy hulp om te onthou dat daar krag in die Naam van Jesus is om vestings af te breek.
Aangaande hierdie leesplan
Volgens die Angs en Depressie Vereniging van Amerika is angsversteuring die mees algemene geestesongesteldheid in die Verenigde State. Dit affekteer meer as veertig miljoen volwassenes. Jy is dalk een van die baie individue wat met angs sukkel, en glo dat jy medikasie nodig het of onder die sorg van 'n dokter moet wees om die vrede te vind wat jy so desperaat begeer. Die waarheid is dat die vrede waarna jy streef vryelik in die Woord van God aan jou gegee word. Ontdek hierdie vrede deur angs en vrees te oorkom en te beëindig.
More