Oorkom Angs: Jou Bybelse Gids Tot Bevryding Van Angs En Bekommernis Voorbeeld

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

DAG 2 VAN 7

Gebed Is Jou Lewenslyn

Die eerste stap in die reis na vryheid van angstige denke — en die belangrikste stap — is om in jou geloof te groei deur tyd saam met God deur te bring. 'n Lewe sonder gebed is 'n besliste manier om jouself in vrees vasgevang te hou. Totdat jy besef dat gebed jou lewenslyn in moeilike tye is, sal jy aanhou soek na ander dinge om daardie leemte te vul. Jy sal voortdurend in teleurstelling vasgevang bly. Die ander dinge waarheen ons ons wend vir vertroosting of bevrediging, noem die Bybel afgode. Jy moet daardie afgode verwerp wanneer jy dit herken, as jy dit nie kan herken nie, moet jy God vra om die terreine in jou lewe te openbaar waar jy Hom met iets vervang.

Gebed is hoe ons 'n verhouding met die lewende God ontwikkel. Gebed is hoe ons ons stryd aan God openbaar sodat Hy ons daarvan kan vrymaak. So dikwels sal ons die foon optel om 'n vriend te skakel wanneer ons bekommerd is, deur 'n nuusberig blaai om ons gedagtes van ons probleme af te lei, of raad by 'n onbekende groep "vriende" op sosiale media soek wanneer God daar by ons is om te help. God moet die eerste plek wees waar ons om hulp aanklop. Ons roep tot Hom deur gebed. Wanneer ons ons na enigiets anders om hulp wend, flankeer ons met afgodery.

Leer jouself hierdie rympie om te verhoed dat jy na 'n ander verdedigingsmeganisme gryp voordat jy Christus raadpleeg: “Wanneer ek vrees, het ek God hier by my nodig. Wie moet dit hoor? Die Heilige Gees." Sak dan op jou knieë, buig jou hoof, of fluister eenvoudig: "Help my, Jesus." Jy sal verbaas wees hoe vinnig Hy jou help. Dan kan jy goed voel om te weet jy het eerste na God gegaan en afgodediens vermy.

Gebedsfokus: Staan tyd met God in gebed af. Vra Hom om enige afgode te openbaar wat dalk inmeng met jou verhouding met Hom.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

Volgens die Angs en Depressie Vereniging van Amerika is angsversteuring die mees algemene geestesongesteldheid in die Verenigde State. Dit affekteer meer as veertig miljoen volwassenes. Jy is dalk een van die baie individue wat met angs sukkel, en glo dat jy medikasie nodig het of onder die sorg van 'n dokter moet wees om die vrede te vind wat jy so desperaat begeer. Die waarheid is dat die vrede waarna jy streef vryelik in die Woord van God aan jou gegee word. Ontdek hierdie vrede deur angs en vrees te oorkom en te beëindig.

More

Ons wil graag vir Mo Mydlo en Charisma House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://tinyurl.com/MoMydlo