Oorkom Angs: Jou Bybelse Gids Tot Bevryding Van Angs En Bekommernis Voorbeeld
Plaas Jou Vertroue In God
Ons vertroue in God neem baie vorme aan, die eerste terrein waar ons daardie vertroue moet ontwikkel, is in God se leiding. Om bevryding van ons denke te verkry, moet ons die leiding van die Heilige Gees vertrou.
Hier is een manier wat werk. Psalm 23 praat van God as ons herder, en in vers 2 lees ons dat Hy ons bring na waters waar daar vrede is. Die "waters" spreek vir my van vrede. Wil jy weet hoekom? Ek het ’n beskutte agterstoep met 'n sinkdak by my huis. Het jy al ooit die reën op 'n sinkdak gehoor? Jy kan rustig sit en met iemand op die stoep gesels, maar wanneer die reën uitsak, sal jy amper moet skree sodat die ander persoon jou kan hoor.
Soms kan daar die wit geruis wees soos 'n waaier wat in jou ore swiep of die geluid van 'n 747 enjin wat buite jou venster opstyg. Laasgenoemde is pynlik hard. In teenstelling, lei God ons egter na waters waar daar vrede is. Dit is die soort leiding wat Hy gee. Hierdie stille waters waar vrede is, is soos die geluid van 'n poel in 'n vallei waar jy brulpaddas en krieke en die swiep van naaldekokervlerke kan hoor.
Die wêreld lei ons na sinkdakke in 'n reënbui, maar God lei ons na waters van vrede. Wil jy daardie soort leiding vertrou? Ek hoop so, laat ek dit sê: Ons Leidsman kan vertrou word.
Gebedsfokus: Staan tyd met God in gebed af en dank Hom vir sy leiding. Lees Psalm 23 hardop.
Aangaande hierdie leesplan
Volgens die Angs en Depressie Vereniging van Amerika is angsversteuring die mees algemene geestesongesteldheid in die Verenigde State. Dit affekteer meer as veertig miljoen volwassenes. Jy is dalk een van die baie individue wat met angs sukkel, en glo dat jy medikasie nodig het of onder die sorg van 'n dokter moet wees om die vrede te vind wat jy so desperaat begeer. Die waarheid is dat die vrede waarna jy streef vryelik in die Woord van God aan jou gegee word. Ontdek hierdie vrede deur angs en vrees te oorkom en te beëindig.
More