Oorkom Angs: Jou Bybelse Gids Tot Bevryding Van Angs En Bekommernis Voorbeeld

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

DAG 3 VAN 7

Vervang Jou Angsgedagtes

Om vrede te vind, moet ons ons vrese, angs, verdedigingsmeganismes en beherende gedrag vervang met gebed, Skriflesing- en nadenke en danksegging. Ons breine sal nie ophou om aan iets te dink bloot omdat ons wil nie. Ons denke is soos rekenaars wat verwerk wat afgelaai word. As ons nie ons negatiewe denke en gedrag met iets anders vervang nie, sal daardie angstige denke aanhou om in ons gedagtes af te speel.

Deur jou negatiewe gedagtes met die Woord van God te vervang, mag aanvanklik moeilik wees, maar moenie dat dit jou keer nie. As jy bevryding van bekommernis wil hê, kan jy nie toelaat dat jou gevoelens jou lei nie. Jou gevoelens volg eenvoudig die aanduidings van die vlees wat deur jou vyf sintuie gelei word. Jy moet toelaat dat die waarheid jou gevoelens oorheers.

Dit sal vir jou al makliker word, hoe meer jy oor die Woord van God nadink. Namate jy die Woord van God gebruik om bekommernis te oorwin, sal jy sien hoe dit in jou lewe werk. Dit sal daartoe lei dat jy gevul word met 'n wonderlike en kragtige verlange na meer en meer van die Woord. Net soos 'n verslaafde na meer en meer dwelms smag om 'n effek te kry, hoe meer sal jy die krag van die Woord van God herken en hoe meer sal jy dit op alle terreine van jou lewe wil toepas.

Hoe begin jy jou bekommernisse met die Woord vervang? Soek verse in die Bybel wat oor die volgende onderwerpe handel: bekommernis, angs, die vernuwing van jou denke, om jou bekommernisse op Christus te werp, ensovoorts. Skryf daardie verse in 'n joernaal neer en begin om dit te memoriseer. Wanneer 'n angstige gedagte by jou opkom, werp dit neer aan die voet van die kruis (jy mag selfs wil visualiseer hoe jy die gedagte by Jesus se voete plaas). Herinner jouself dan aan wat die Woord van God sê oor die saak wat jy in die gesig staar. Binnekort sal jy vind dat jy vrede ervaar sonder enige noemenswaardige rede. Dit is die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

Gebedsfokus: Staan tyd met God in gebed af. Vra Hom om jou 'n onversadigbare begeerte te gee om die Woord van God te lees en te bestudeer.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Anxiety: Your Biblical Guide To Breaking Free From Fear And Worry

Volgens die Angs en Depressie Vereniging van Amerika is angsversteuring die mees algemene geestesongesteldheid in die Verenigde State. Dit affekteer meer as veertig miljoen volwassenes. Jy is dalk een van die baie individue wat met angs sukkel, en glo dat jy medikasie nodig het of onder die sorg van 'n dokter moet wees om die vrede te vind wat jy so desperaat begeer. Die waarheid is dat die vrede waarna jy streef vryelik in die Woord van God aan jou gegee word. Ontdek hierdie vrede deur angs en vrees te oorkom en te beëindig.

More

Ons wil graag vir Mo Mydlo en Charisma House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://tinyurl.com/MoMydlo