Ten volle Toegewyd: SkeppingVoorbeeld

Fully Devoted: Creation

DAG 9 VAN 14

In Die Begin Was Die Woord

Die eerste woorde van Johannes se evangelie is 'n doelbewuste terugblik na die eerste woorde van Genesis 1. Waarom open Johannes sy weergawe van Jesus se lewe so? Hy voer aan dat Jesus nie net nog 'n profeet, priester of koning is nie — Jesus is nie eens net die Messias, die uitverkorene van God nie — maar Jesus is God

Johannes se radikale bewering is dat Jesus die lewende Woord van God is, die tweede persoon van die Drie-eenheid, die beloofde Verlosser en die regmatige Koning van die skepping. Hy dra dit oor deur na die eerste bladsy van die Bybel te verwys. 

Hierdie inleiding is so opgestel dat dit die werklikheid van wie Jesus is, duidelik aan beide Joodse en Griekse lesers sou oordra.

Johannes begin met:

"In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was self God" Johannes 1: 1.

Hierdie vers sou sy Joodse en Griekse lesers instemmend laat knik het. Die Joodse volk sou "Woord" hoor en aanvaar dat Johannes oor die Torah en die wysheid van God praat. Sy Griekse gehoor sou gedink het hy verwys na die “siel van die heelal”. 

Eers in vers twee sou vrae by hulle opkom. 

"Hy was reeds in die begin by God" Johannes 1: 2.

In vers twee maak Johannes 'n ommekeer en noem die Woord "Hy". Albei groepe sou waarskynlik hulle koppe in verwarring gekrap het. Volgens hul wêreldbeskouings was die Woord nie 'n Hy nie, die Woord was 'n voorwerp — 'n baie kragtige voorwerp, maar beslis nie 'n persoon nie. 

Johannes gaan voort. In vers 14 sê hy:

"Die Woord het vlees geword en het onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid" Johannes 1:14.

Die Woord wat in die begin by God was, die Woord wat God is, die Woord deur wie alles gemaak is, die Woord in wie lewe en lig en hoop en genade en waarheid is — daardie Woord wat oor vel en bene getrek is, het 'n persoon geword. 

Daardie persoon is Jesus, wat gewillig aan 'n kruis gesterf het om die mensdom van sonde te red en 'n manier te skep om die skepping te herstel. 

Ons kan met vertroue en hoop weet dat die Een wat ons volg nie net 'n wyse leermeester of 'n goeie persoon is nie. Inteendeel, Hy is die God van die hele skepping. 

Joernaalvrae 

  • Skryf een van die verse uit vandag se Skrifgedeelte in jou joernaal. Hoe beïnvloed dit jou perspektief van Jesus? 
  • Hoe verander die wete dat die Woord van God nie 'n "wat" maar 'n "wie" is, jou betrokkenheid by hierdie studie? 
  • Verduidelik die verskil tussen om iets van iemand te weet, teenoor om hulle werklik te ken.

Memoriseervers

"Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het" Efesiërs 2:10.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Fully Devoted: Creation

Wou jy al ooit in jou verhouding met God groei, die Bybel beter verstaan en leer hoe om Jesus vandag in ons wêreld getrou te volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ontdek saam met ons waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 2 van die 9-dele Volledig Toegewyde Reis.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.en www.go2.Ic/fullydevoted