In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 18 VAN 29

In Jesus is ek ‘n Kind van God

Lees: Johannes 1:12, 1 Johannes 3:1–2


SOAP: Johannes 1:12

“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” 


Oordenking

Wanneer laas het jy verbeeldingspel gespeel of ‘n fort gebou? Het jy onlangs jou verbeelding met jou laat weghardloop, gelag met jou hele lyf of ‘n gemors gemaak ter wille van kreatiwiteit? Kinders sien die wêreld op ‘n ongelooflike manier, asof alles daarin hul speelgrond is. Items wat ons as rommel beskou, is waardevolle kunsbenodighede en lawwe speletjies met geen reëls nie laat hulle die hardste giggel.  

Kinders leef met oop harte en denke, gereed om te leer en gewillig om te verander. Hulle maak staat op die volwassenes in hul lewens om hulle lief te hê, hulle veilig te hou, en om alle vrae wat net voor slaaptyd in hul gedagtes opduik, te beantwoord. 

Dit is die verhouding waartoe ons uitgenooi word wanneer ons deel van God se familie word. Ons is sy kinders, en ons ontvang nie net die regte en voorregte wat met ons aanneming gepaardgaan nie, maar ook ‘n perfekte Vader wat vir ons lief is, wat ons beskerm en wat luister na al die vrae wat ons snags wakker hou. Hy is groot genoeg om die gewig van ons bekommernisse te dra sodat ons vryheid kan vind.

In Jesus, word ons kinders van God genoem. As jou ervaring met ‘n aardse pa dit moeilik maak om op God die Vader te leun, bring al daardie seer en teleurstelling na Hom toe. Spandeer tyd in God se Woord en leer meer oor wie Hy is en hoeveel Hy jou liefhet. Kyk uit vir die klein geskenkies wat Hy deur die loop van jou dag vir jou aanbied en skryf neer hoe Hy op klein, gewone wyses in jou lewe opdaag. Ons God is onveranderlik en volmaak. Hy het ‘n plek vir jou in sy familie gemaak – en dit was nie ‘n fout nie. 


Gebed

God, dankie dat U my u kind noem en dat U vir my ‘n veilige, perfekte, liefdevolle plek gee waarheen ek al my vrae en bekommernisse kan bring. Help my om tyd te kry om net ‘n soos ‘n kind by U te wees, om vrylik en vreugdevol te lag en te skep en my verbeelding te gebruik. Amen.




Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com