In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 17 VAN 29

In Jesus is ek Aangeneem

Lees: Efesiërs 1:5–6, Kolossense 1:12–13


SOAP: Efesiërs 1:5

“In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.”



Oordenking

Het jy al ooit gekyk na ‘n video van ‘n kind wat uitvind dat hy/sy aangeneem gaan word, of die feesviering van ‘n familie aanskou wanneer ‘n regter aankondig dat hul aanneming afgehandel is? Dit is een van die mooiste, hartroerendste oomblikke. Ten spyte van die trauma en gebrokenheid wat die kind en sy/haar eerste familie ervaar het, voorsien God ‘n nuwe weg vir familie, vir samehorigheid om te kan bestaan. Skielik word ‘n kind se lewe verander namate hy/sy ‘n permanente, wettige, volledige lid van ‘n gesin word. Aanneming sê vir ‘n kind dat hy/sy gekoester word en geliefd en veilig is.

As jy sê dat jou identiteit "verlate," “verstote," “geïgnoreerde,” “misgekykte” of “vergetene” is, is daar goeie nuus – wonderlike nuus om die waarheid te sê! Wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, kry ons ‘n nuwe identiteit as aangenome seuns en dogters van God. Jy is uitverkies. Jy word gekoester. Jy word geken. Jy is geliefd. Jy is veilig. Niemand het die mag om wat God gedoen het, ongedaan te maak nie. Wanneer ons in die familie van God aangeneem is, is ons Syne, vir ewig. 

Die selfs beter nuus is dat God nie op ons gewag het om ons lewens agtermekaar te kry of perfekte mense te word voordat Hy besluit het om ons die volle regte, voorregte en verantwoordelikhede van gelowiges aan te bied nie. Dit is besluit, uit liefde en in ooreenstemming met God se wil, dat ons in sy familie deur Jesus Christus aangeneem word. 

Wanneer laas het jy dié identiteit aangegryp? Het jy al in verwondering voor God gaan staan dat Hy jou gekies het? Het jy al die ongelooflike geskenk gevier wat jy deur Jesus ontvang het? God het jou ontsaglik lief, daar is nie ‘n groot genoeg “Welkom Tuis”-bordjie of genoeg konfetti vir die feesviering wanneer jy ‘n deel van sy familie word nie. In Jesus is ons aangeneem!



Gebed

God, dit is oorweldigend om te weet dat U aan my gedink het en ‘n plek vir my in u familie beplan het voordat ek nog vir Jesus geken het. Dankie vir hierdie mooi geskenk van aanneming wat U so vrylik aanbied. Help my om te lewe ter ere van wie U sê ek is. Amen








Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com