Ten volle Toegewyd: 'n InleidingVoorbeeld
Hoe Lyk Dit Om Ander Lief te Hê Soos Jesus Ons Liefhet?
Jesus het sy liefde aan ons as 'n dienskneg geopenbaar. Hy het nooit sy Goddelikheid vir sy eie beswil gebruik nie. Inteendeel, Hy het alles wat Hy gehad het tot voordeel van ander aangewend. Dit is waarvoor Hy ons geroep het — om verby die versoeking te beweeg om onsself te verhef, en eerder geleenthede te vind om ander te dien.
Kort voor Hy na die kruis gegaan het, het Jesus saam met sy dissipels aangesit vir 'n laaste maaltyd. Dit het bekend geword as die Laaste Avondmaal. By hierdie maaltyd het Jesus iets gedoen wat sy dissipels geskok het:
"Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot beïnvloed om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God af gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek, 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het" Johannes 13:2-5.
Jesus — wat geweet het dat die Vader alles onder sy mag geplaas het — het nooit toegelaat dat die krag van sy posisie Hom verhinder om die gestalte van 'n dienskneg in te neem nie. Selfs in sy laaste ure het Hy dus 'n handdoek om sy middel vasgemaak, op sy knieë neergesak en sy dissipels se voete gewas.
Al het Hy al die mag op aarde gehad, het Hy Homself verlaag tot die posisie van 'n dienskneg. Sodoende het Hy vir ons 'n pragtige voorbeeld gegee om na te volg.
As Christus volgelinge is ons roeping om die versoekings van status, rykdom en mag te verwerp. In plaas daarvan moet ons kies om die geringstes, die laastes en die verlorenes te dien en op te hef. Ons roeping is om die behoeftes van ander voor ons eie begeertes te stel.
Alhoewel hierdie manier van lewe onrealisties kan voel, weet ons dat die weg van Jesus die mees realistiese ding is wat daar is. Ons moet ook gevorm word om 'n hart van 'n dienskneg te hê en ander eerste te stel soos in Jesus se voorbeeld.
Joernaalvrae
- Neem in ag die oorspronklike gehoor wat Jesus gehoor preek en Hom ervaar het. Hoe dink jy sou dit gewees het om te hoor dat God se Uitverkore Een aan 'n Romeinse kruis gesterf het? Hoe dink jy sou jy gereageer het?
- Skryf een van die verse uit vandag se Skrifgedeelte neer. Vind jy dit moeilik om soos Jesus mense lief te hê? Hoekom?
- Wat sal jou help om Jesus se liefde beter aan ander te wys?
Memoriseervers
"'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.' Die tweede is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Geen ander gebod is groter as dié twee nie" Markus 12:30-31.
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.
More