Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 9 VAN 14

Wanneer hoop soek raak


Hoop lê met tye laagwater in ons. Daar gebeur immers net so baie dinge om en met ons, dat ons met tye sukkel om met moed en deursettingsvermoë die pad te stap. Dis asof ons net nie nóg iets kan hanteer nie … net nie onder die aanhoudende teenslae regop kan of wil bly nie.

Dis die tye wat God op onverklaarbare manier in ons midde kom staan, ons aanraak en aan ons sy diepe vrede wil gee. Al wat nodig is, is ’n oop hart …

Nadat Jesus die aand aan sy bang, wegkruipdissipels verskyn het, het hul oë oopgegaan vir die feit dat Hy toe nooit weg was nie. Daarna is ’n nuwe manier van dink en nuwe taal op hul lippe. Nou het hul moedeloosheid en onsekerheid plek gemaak vir ’n nuwe stuk hoop. ’n Ander soort sekerheid. Want sy Gees self het oor hulle geblaas.


Wanneer jou hoop wegraak, word dan stil en wag op Hom. Wag op die Een wat in moedelose mense kragtige nuwe lewe kan skep. Helende hoop bring.


VANDAG SOEK EK HOOP BY U. NET BY U, HERE JESUS.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za