Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 13 VAN 14

Oorbegin blý moontlik

Elkeen van ons het elke dag die geleentheid om onsself te hervorm: om onsself as’t ware te herontwerp. Ons lewens word nie bepaal deur die wetenskap, ’n vooraf uitgewerkte, onbeweeglike lot of plan nie. God het ons juis geskep met die voorreg van keuse. Die vryheid om te kies wat ons met ons lewens wil maak. Soos George Eliot gesê het: "Dis nooit te laat om te wees wat jy sou gewees het nie."

Natuurlik kon ons nie kies om nóú te lewe nie. Ons kon nie ons ouers kies nie. Ook nie hoe ons lyk of watter natuurlike talente ons ontvang het nie. Nog minder kan ons altyd ons omstandighede bepaal. Maar ons kan altyd kies hoe ons daarop reageer.

Jy het elke dag keuses in jou lewe, opsies om uit te oefen, moontlikhede om te ontdek, veranderinge om te maak … Ja, jy kan vandag kies om ’n nuwe mens te wees in jou denke, jou optrede, jou menswees.

Jy is nie ’n slagoffer wat geen beheer oor jou lewe het nie. Jy is die skrywer van jou eie storie-van-die-lewe.


EK WIL VANDAG ’N BETER MENS WEES AS GISTER, GOD VAN HOOP. SAL U MY HELP?

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za