Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 12 VAN 14

Geloof – ook in die donker


Soms is ’n situasie totaal pikdonker. Vir alle praktiese doeleindes kan dit vir ons voel na die einde van die pad. Na handdoek-ingooi sonder enige hoop. Miskien ervaar jy ook op die oomblik so ’n hooploosheid en doodsheid in jou en sien jy regtig net ’n donker prentjie voor jou. 

2 000 jaar gelede was die wêreld nag: Jesus het gesterf en daar was geen hoop nie. Menige volgeling van Jesus het dalk, nadat Hy gesterf het, geglo dat dit die einde van die Messias-pad is omdat die Een wat hulle moes kom red, nou dood is. 

Dan lees ons hoe Josef van Arimatea met absolute liefde en geloof Jesus se lyk laat haal, dit balsem, in linne toedraai en in ’n nuwe graf neerlê. Iets van hierdie daad sê vir ons dat hy – ondanks alles – bly glo het dat Jesus God is. En dat Hy reeds lewe gebring het.


Mag jy in jou geknaktheid uitreik na die Een wat jou donker ken en wat in staat is om jou weer op te hef.


HEILAND VAN MY LEWE, DIS DONKER OM MY … MAAR LIG IN MY.  OMDAT U DAAR IS.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za