Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld
![Hoop Vir ’n Nuwe Dag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sien jy die lig?
Sielkundiges het ’n eksperiment gedoen deur ’n klomp rotte te neem, hulle in ’n drom met water te sit, die deksel op te sit en te kyk hoe lank hulle aanhou swem. In ’n tweede emmer het hulle dieselfde gedoen, met die een verskil: Hulle het ’n gaatjie in die deksel gemaak sodat lig daardeur kon skyn. Die interessante uitkoms was: Die rotte in hierdie drom het amper vier keer langer geswem as die rotte in die pikdonker emmer. Iets in hulle het instinktief bly glo dat daar lewe in die lig is.
Ons mensdom is niks anders nie. Solank daar nog lig is, sal ons die innerlike krag en moed vind om aan te hou, vas te byt … te bly hoop op ’n uitkoms. Dis wanneer ons alle hoop op lewe in ons donker wêreld verloor het, wat ons psige maklik tou opgooi. Ons ophou om regtig te léwe.
Jy het God – dié Lig – bo, langs en onder jou. Jy het die Een wat groter as jou grootste donker is, ín jou. Sien jy dié Lig?
EK KYK OP EN WEET: U ÍS OOK MÝ LIG.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Hoop Vir ’n Nuwe Dag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne
![Hoop Vir Elke Môre](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26564%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoop Vir Elke Môre
![My Allerbeste Vir Sy Hoogste](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26567%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
My Allerbeste Vir Sy Hoogste
![In Die Stilte Van Die Môre](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26902%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
In Die Stilte Van Die Môre
![Oomblikke Van Inspirasie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26901%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oomblikke Van Inspirasie
![Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26903%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk
![In Jesus Is Jy...](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26983%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
In Jesus Is Jy...
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)