Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 10 VAN 14

Hy sál voorsien!


Ek bewonder mense wat deur bitter moeilike tye gaan en dan vir my en ander ’n voorbeeld van geloof en hoop is. 

Soos Isabel en haar man. Toe hulle op aftrede staan, belê hulle al hul pensioengeld in ’n skema met die doel dat hulle die res van hul lewe nie hoef te werk nie. Die “skema” was egter ’n bedrogspul en op 60 verloor hierdie twee mense letterlik álles! Al wat hulle oorgehad het, was hul huis (wat nog afbetaal moes word) en die meubels wat met swaar verdiende geld oor jare gekoop is. Hulle is platgeslaan, maar staan weer op. Isabel begin juwele maak en week na week verkoop hulle die juweelstukkies by markte. 

Elf jaar later oorleef hulle steeds. Sommige maande was bitter moeilik, maar tog het hulle dit met genade reggekry om hul huis te behou en … kos op die tafel te hê. Praat jy met hierdie twee mense, hoor jy net: “Die Here hét elke maand net genoeg voorsien!”


Hoor hierdie belofte vandag. Hy ken jóú behoeftes.


VANDAG HOU EK VAS AAN U BELOFTES VAN TROU, VADER-WAT-MY-VASHOU.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za