VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 29 VAN 43

Oordenkingsvrae: 

  1. Is jy 'n persoon wat onenigheid veroorsaak? Hoe kan jy verseker dat jy nie 'n vriend is wat struikelblokke en konflik in jou verhoudinge skep nie? 
  2. Hoe bederf slegte geselskap goeie sedes? Hoe het jy gesien dat slegte geselskap jou besluite en wêreldbeskouing beïnvloed? 
  3. Waarom beteken vriendskap met die wêreld vyandskap teen God? Hoe lyk vriendskap met die wêreld? Wat kan ons doen om daarteen te waak dat ons nie vriende met die wêreld word nie?  
  4. Waarom word ons opdrag gegee om versigtig te wees wat ons sê? Hoe beïnvloed jou woorde jou vriendskappe? Wanneer het jy 'n vriend seergemaak met jou woorde? 
  5. Wat beteken dit dat liefde saam met die waarheid juig? Hoe kan jy dit in jou vriendskappe uitleef?
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com