VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 34 VAN 43

Jy Moet Jou Naaste Liefhê 

Lees: Markus 12:30-31, Galasiërs 5:14-17


SOAP: Galasiërs 5:14

Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”


Oordenking

Daar is ‘n klomp wette in die Ou Testament, en hulle skets vir ons ‘n beeld van hoe God se volk veronderstel was om te leef. Sommige daarvan lyk dalk vir ons vreemd of onnodig, maar dit het vir God se mense grense daargestel en vir hulle gewys hoe om in ‘n gemeenskap te leef op ‘n wyse wat Hom verheerlik. Al dié wette, wat presies uiteengesit het hoe hierdie gemeenskap moes werk en leef, kan saamgevat word in hierdie een belangrike wet: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

Die bewys van ons liefde vir God lê daarin dat ons, net soos Hy, die mees weerloses en ongeliefdes onder ons liefhet. Waar Jesus in die verhaal van die Goeie Samaritaan na hierdie wet verwys het (Luk. 10:25-37), is dit met die bedoeling om vir die wetgeleerde te wys dat sy denke te eng was. Jy moenie die definisie van jou naaste probeer beperk nie; jy moet bereid wees om dit uit te brei na elkeen wat God oor jou pad stuur. Dieselfde geld vir ons: eerder as om te redekawel oor watter verpligtinge ons teenoor wie het, behoort ons vryelik ons liefde en diens te bied aan die weerloses rondom ons.   

Gebed

God, wys my hoe om net soos U lief te hê. Wys my wie my naaste is en hoe ek hulle kan dien. Dankie dat U my liefhet wanneer ek dit nie verdien nie. Amen.


Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com