VriendskapVoorbeeld
Hy Noem Jou Vriend
Lees: Johannes 15:14-17
SOAP: Johannes 15:15
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Oordenking
Ons is nie waardig om vriende van God genoem te word nie, maar deur sy genade ontvang ons die eer van so ‘n verhouding. Israel se identiteit is gebou op die onthou van wat God vir hulle gedoen het toe Hy hulle uit slawerny in Egipte verlos het. Hulle is vrygemaak en hulle het met aanbidding daarop gereageer. Hulle het God reeds geken as die een wat mense uit slawerny verlos, maar hulle het steeds verstaan dat hulle op ‘n behoorlike afstand van ‘n heilige God af moes bly. Hoewel hulle ook God se wet geken het, het hulle nie altyd die rede daaragter begryp nie. Toe Jesus gesê het dat Hy nie meer sy dissipels ondergeskiktes of slawe noem nie, maar eerder vriende, het Hy een belangrike implikasie van die Menswording verduidelik: God wat Homself aan ons openbaar.
Ons ken God steeds net deeltelik en gaan die hele ewigheid neem om nog verder te leer. Toe Jesus na die wêreld gekom het, het Hy gekies om op ‘n intieme en direkte manier God se karakter te openbaar. Op hierdie oomblik saam met die dissipels het Hy nog meer aan hulle onthul, en hierdie kennis het die verhouding verander. Ons word vriende van God genoem as gevolg van die kykie wat ons in sy groot verlossingsplan gekry het.
Gebed
God, dankie dat U Uself aan my geopenbaar het! Dankie vir die menswording, en die verhouding wat daar as gevolg van hierdie openbaring tussen ons kan wees. Help my om hierdie verhouding wat ek met U het, vir die wêreld te wys. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com