VriendskapVoorbeeld
Jesus, 'n Vriend van Sondaars
Lees: Johannes 8:1-11, 1 Timoteus 1:15, Lukas 5:31-32, Lukas 7:34-35
SOAP: 1 Timoteus 1:15
Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.
Oordenking
Die Evangelies is gevul met voorbeelde van Jesus wat gekritiseer is as gevolg van die sort mense saam met wie Hy graag tyd deurgebring het. Hy het sondige vroue verdedig, saam met tollenaars geëet, en tyd deurgebring saam met die armes, siekes en mense wat verstoot is. Jesus was 'n vriend vir mense wat sy reputasie skade gedoen het en nie sy vriendskap verdien het nie — mense soos ons. Hy het gekom om sondaars te red en ons is definitief almal in daardie groep.
Paulus se verbasende woorde aan Timoteus moet ons aan ons eie toestand herinner — ons is nie beter as die soort mense met wie Jesus tyd spandeer het nie, ons is presies dieselfde! Wanneer ons Christus se gratis geskenk van genade aanvaar, het ons definitief rede om nederig te wees en te erken dat ons niks beter is as die mense wat ons sondaars noem nie. Daar is geen plek vir hoogmoed of eiegeregtigheid wanneer ons eerlik na ons situasie kyk nie. Christus het ons vriend geword toe ons dit nie verdien het nie en ons reaksie moet lyk soos Paulus s'n: 'n lewe toegewy aan ander.
Gebed
Here God, dankie dat U u Seun gestuur het om 'n vriend van sondaars soos ek te wees. Dankie dat U die verlorenes soek en vind. Help my om daardie soort vriend te wees vir die mense om my wat verstoot is. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com