VriendskapVoorbeeld
Die Impak van ons Woorde
Lees: Efesiërs 4:29, Spreuke 16:24, Spreuke 16:28
SOAP: Efesiërs 4:29
Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.
Oordenking
Ons woorde is baie kragtiger as wat ons dink. Ons gebruik hulle sonder om te dink, maar hulle het die mag om verhoudinge te bou of te breek. Min van ons kan eerlik sê dat elke woord wat uit ons monde kom, opbouend is. Tog is dit die instruksie wat aan die kerk in Efese gegee word. Met 'n instrument wat so kragtig is, kom die verantwoordelikheid om dit versigtig te gebruik. In plaas daarvan om net te spreek wat in ons gedagtes opkom, of wat mense laat lag of goed laat voel op daardie oomblik, het ons die verantwoordelikheid om te vra: bou hierdie woorde 'n persoon op of breek dit hom of haar af?
Selfs woorde wat ons dink, min beteken, kan ongelooflike gevolge hê. Selfs net 'n oomblik van harde kritiek of 'n grappie wat te ver gaan, mag in orde wees volgens die wêreld se standaarde, maar daar word in hierdie Skrifgedeelte baie meer van gelowiges verwag. As ons woorde die mag het om genade te gee aan dié wat dit nodig het, behoort ons dit ernstig te heroorweeg om dit vir enige iets anders as so 'n hoë roeping te gebruik.
Gebed
Here God, help my om die krag van my woorde te besef. Gee my asseblief geleenthede om dit te gebruik om mense op te bou en spreek tot my wanneer ek dit wil gebruik om mense af te breek. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com