Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 12 VAN 25

Ware Liefde

Blootstelling:
Lees die waarskuwing om nie jou eerste liefde te verlaat nie. Slaan die woorde van die lied "The twelve days of Christmas" na. Soek iemand om dit saam met jou te sing.

Verkenning:
Wie is jou eerste liefde? Dink terug aan hoe jou gevoelens van liefde met die jare verander het. Hoe kan jy jouself met die kerk in Efese vereenselwig?

Uitdrukking:
Skryf woorde vir jou eie weergawe van hierdie lied, om vir Jesus — jou ware eerste liefde — te sê wat jy vir Hom wil gee. Sluit die dele van jou lewe in wat Hy wil hê, die veranderinge wat Hy wil hê jy moet aanbring en die dinge wat Hy wil hê jy iets aan moet doen.

Belewenis:
Lees die Skrifgedeelte van 1 Johannes 3 oor sy groot liefde vir ons. Watter gawes het ons Ware Liefde alreeds vir jou gegee?
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.