Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 16 VAN 25

Die Geboorte

Blootstelling:
Lees oor die wyse manne wat gekom het om Jesus te aanbid. Kyk na die beeldjies in die geboortetoneel en dink na oor dit wat die kunstenaar geskep het om te wys dat die toneel rondom Christus gefokus is.

Verkenning:
Hoe dink jy sou dit gevoel het om daar te wees? Watter standpunt of posisie sou jy in daardie toneel inneem?

Uitdrukking:
Die wyse manne het neergekniel om Jesus te aanbid. Gaan nou op jou knieë en vertel vir Hom hoe lief jy Hom het. Op watter manier verander jou hart se ingesteldheid terwyl jy daardie posisie inneem?

Belewenis:
Die wyse manne het ook hulle beste geskenke as aanbidding gebring. Dink aan 'n kreatiewe manier hoe jy Jesus kan aanbid sonder om 'n lied te sing.
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.