Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 21 VAN 25

Die Belangrikste Verhaal Van Alle Tye

Blootstelling:
Kersfees kom al hoe nader! Dit sal maklik wees om minder op Jesus te fokus soos wat die Kersfeestyd al hoe besiger raak. Lees die laaste vers van die evangelie van Johannes. Kry 'n klomp vriende of familie bymekaar en kyk na die klassieke 1965 fliek "The greatest story ever told". Dis aanlyn en op DVD beskikbaar.

Verkenning:
Wat is jou gunsteling gedeelte van die lewe van Jesus?

Uitdrukking:
Hoe het die fliek jou gehelp om die lewe van Jesus beter te verstaan? Hoe het die feit dat jy die fliek saam met ander gekyk het, gehelp om geleenthede te skep vir goeie besprekings?

Belewenis:
Hoe het jou verhaal deel geword van die belangrikste verhaal? Skryf neer watter rol jy al in God se belangrike verhaal gespeel het.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.