Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 22 VAN 25

Vreugde

Blootstelling:
Lees die Skrifgedeelte in Psalms. Kry 'n groep mense bymekaar en gaan sing Kersfeesliedjies by mense se huise. As jy nie al die woorde ken nie, maak afdrukke van die lirieke en neem dit saam. Jy kan in jou buurt rondgaan of na 'n persoon wat jy hierdie maand ontmoet het.

Verkenning:
Wat was die mense se reaksie op julle singery? Wat is jou gunsteling Kersfeesliedjie? Hoekom?

Uitdrukking:
Skryf die woorde van jou gunsteling Kersfeesliedjie neer. Vra vir God om jou te help om in hierdie Kersfeestyd die vreugde en vrede waarvan die lied melding maak, hierdie jaar op 'n nuwe manier te ervaar.

Belewenis:
Wat is jou gunsteling herinnering van 'n Kersfeesliedjie?
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.