Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 10 VAN 25

Immanuel

Blootstelling:
Lees die Skrifgedeeltes oor Immanuel. Maak 'n plakkaat om jou te herinner dat God by jou is en hang dit iewers op waar jy dit dikwels sal sien.

Verkenning:
Immanuel beteken "God by ons". Hoe is Jesus steeds "God by ons" al is Hy nie meer op aarde nie?

Uitdrukking:
Hoe is God "vir" ons verskillend van God "by" ons? Op watter maniere ervaar jy God by jou?

Belewenis:
Bespreek met vriende of familie, of skryf 'n geleentheid in jou lewe neer toe jy die naaste aan Jesus gevoel het. Beraam planne om vandag nader aan God te kom. Hoe belangrik is dit om daardie nabyheid gedurig te ervaar?
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.