Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 16 VAN 30

Leer oor Vertroue

As 'n kind was ek bekommerd daaroor of ek by die skool sou vriende maak. As 'n universiteitsstudent was ek bekommerd of ek werk sou kry wanneer ek afstudeer is. Vandag is ek bekommerd oor die gesondheid van my ouers en of my boeke sal verkoop

Waaroor is jy bekommerd? Neem 'n oomblik en maak 'n lysie in jou kop. Sommige van jou bekommernisse mag dalk dieselfde as myne wees.

Jesus het gesê: "Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie" (Matteus 6:25). Hy het twee goeie redes daarvoor gegee. Een is 'n praktiese rede: Wanneer ons bekommerd is, mors ons energie op iets wat dalk nooit gaan gebeur nie. Let daarop hoe baie van jou bekommernisse op die toekoms gefokus is—dat jy werkloos kan word, dat jy ongetroud gaan bly of dat jou projek 'n mislukking sal wees. Die feit van die saak is dat baie dinge waaroor ons bekommerd is, nooit gebeur nie en om daaroor te tob sal nie enigsins 'n verskil maak as dit wel gebeur nie. "Wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?" vra Jesus (v 27). Jy kan nie. "Moet julle dus nie oor môre bekommer nie," sê Hy. "Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie" (v. 34).

Die ander rede is teologies: Bekommernis verhoed dat God deur Sy krag en goedheid in al ons behoeftes sal voorsien. Jesus sê dat sy Vader mooi sorg vir die hele skepping, insluitende ons! (v. 30) En Hy "weet wat ons nodig het" en sal dus vir ons alles gee wat ons nodig het (verse 32-33).

Om sy punt te bewys het Jesus voorgestel dat ons nadink oor wat in die natuur gebeur. "Kyk na die voëls". Kyk hoe God hulle "voed" (v. 26). "Kyk na die lelies van die veld, sê Hy ook. Kyk hoe mooi is hulle geklee" (verse 28-29). God is nou besig om vir die skepping te voorsien. As Hy met soveel teerheid na die voëls en blomme kyk, sal Hy nie ook na jou, Sy kind, kyk nie?

Kom ons vertrou God met vandag se noodsaaklikhede en uitdagings. Hy is eg en Hy is hier en baie groter as enige denkbeeldige bekommernis. —Sheridan Voysey

MEER: Lees Filippense 4:6 en dink na oor wat Paulus voorskryf wat om met ons bekommernisse te doen.

VOLGENDE: Hoeveel van jou bekommernisse gaan oor die toekoms? Wat voorsien God se krag en teenwoordigheid as jy op Hom vertrou, in plaas van jou kommer oor wat dalk mag gebeur?

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting