Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld
Voorsmake van die Koninkryk
Toe ek 10 jaar oud was, het Baskin-Robbins 'n nuwe roomyswinkel in my buurt geopen. Dit het nie die gevriesde koeldrankysies verkoop wat my ma gewoonlik by die kruidenierswinkel gekoop het nie. Dit was goeie roomys—dik en romerig!
Nog beter, Baskin-Robbins het sy kliënte toegelaat om met pienk lepels, die verskillende geure te proe. Dit was klein, heerlike voorsmake van die roomys wat jy wou bestel. Vir 'n 10-jarige was dit 'n nuwe wêreld. Laat ek maar eerlik wees, ek het dit tot my voordeel gebruik!
In haar boek "Kingdom Calling", vertel Amy Sherman van 'n pastoor wat een van daardie pienk proelepels omhoog gehou het toe hy gepreek het oor hoe ons Jesus in sy werk moes help om "mense te herstel." Net soos wat die pienk lepel 'n "voorsmakie" gegee het van die roomys wat jy wou koop, het hy sy gehoor aangemoedig om van hulself te dink as mense wat vandag 'n "voorsmakie" van God se komende koninkryk "wyd en syd aan hul naaste" moes gee.
Koning Jesus het die mense geleer dat die koninkryk van God alreeds deur Hom na die aarde toe gekom het (Markus 1:14-15). Dit sal egter nie ten volle na die aarde toe kom, voordat Hy op die troon sit en alles nuut maak nie (Openbaring 21:5). Jesus se wederkoms moet ons egter nie motiveer om 'n passiewe lewe te lei waar ons net rondsit en wag dat Hy opdaag nie. Ons, die liggaam van Christus, het werk om te doen!
Totdat Jesus kom, is ons opdrag om saam met Hom te werk om ander 'n voorsmakie—vooruitsig—van God se koninkryk te gee. Eendag sal daardie koninkryk ten volle aarde toe kom, net soos dit in die hemel is (Markus 1:15; Matteus 6:10). Terwyl ons wag en daarna uitsien, kan ons ook blydskap aan God die Vader bring (Markus 1:11).
Kom laat ons vandag hierdie goeie nuus versprei! —Jeff Olson
MEER: Lees Matteus 24:14 en dink na oor watter rol jy in die bou van God se koninkryk speel.
VOLGENDE: Op watter manier was jy al 'n "voorsmakie" van God se koninkryk? Hoe kan jy vandag een wees?
Aangaande hierdie leesplan
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".
More