Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld
Ware Lewe
Tydens 'n gesprek met vriende, het verskeie van hulle in die groep vertel van hul ervarings met sekere woorde in die Christelike woordeskat. Een persoon het gesê: "Toe ek die woord 'lewe' by 'n ander Christen gehoor het of dit in die Bybel gelees het, het ek gedink dit verwys net na die hemel. Ek het nooit gedink dit het iets met my huidige lewe te doene nie. "Omtrent almal het saamgestem." Ja, dit was moeilik om te weet wat daar was om oor opgewonde te raak," het iemand anders bely. "Ek het myself voorgestel dat ek 'n harp iewers in die wolke bespeel en ek het skuldig gevoel omdat die idee my nie opgewonde gemaak het nie."
Alhoewel hierdie beskrywings van die hemel min te doen het met wat die Skrif openbaar, is dit waar dat ons dikwels 'n wanbegrip het van wat die Bybel bedoel wanneer dit praat oor die lewe wat God bring. Paulus beskryf die Heilige Gees as "die lewe-gewende Gees" en stel ons gerus dat hierdie Gees van die Lewe "jou vrygemaak [het] van die wet van sonde en dood" (Romeine 8:2). Die kern hiervan is ons ontdekking dat ons lewe en vryheid in Jesus vind—die geneesmiddel vir die siekte van ons tyd.
En nog meer: "die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede" skryf Paulus in vers 6. Wanneer ons ons aan God onderwerp en ons op Hom en sy waarheid fokus, soos wat die Heilige Gees dit aan ons openbaar, sal ons die ware lewe ervaar—'n lewe gevul met welstand en gesondheid.
Hierdie ware, egte lewe is nie slegs vir die toekoms bedoel nie, maar vir nou. Wanneer ons vir God koester (of nog beter, wanneer ons onsself oopstel dat God óns koester), vind ons dat ons verder vorder in ware menswees en waarlik lewe. Ons vind die egte lewe wat net Jesus kan gee. —Winn Collier
MEER: Lees weer Romeine 8:1-11. Onderstreep elke keer wanneer die woord "lewe" verskyn. Wat sê dit vir jou van jou eie bestaan en wat dit beteken om werklik te lewe?
VOLGENDE: Wanneer is jy die meeste bewus van die gebroke wêreld om jou? Hoe spreek Jesus se oproep tot die ware lewe hierdie plekke van dood aan?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".
More