Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld
![Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2592%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Pragtige Ballingskap
Ek ken 'n paartjie wat openlik praat oor 'n besonder moeilike tyd in hulle huwelik. Die fokus van hulle verhaal is egter nie die seer en wonde wat hulle opgedoen het nie. In plaas daarvan, praat hulle oor hoe God daardie ervaring gebruik het om diepgewortelde kwessies aan die lig te bring, wat nodig was om aan te spreek en op te los. As gevolg van hierdie snoeiperiode, het hulle nader aan mekaar en aan God beweeg. Dis wonderlik dat hulle dankbaar is oor die ervaring en die goeie wat daaruit voortgevloei het.
So van goeie en slegte dinge gepraat; God het eenkeer gevra: "Wat sien jy, Jeremia?" Die profeet het geantwoord: "Vye. Die goeies lyk uitstekend en die slegtes baie sleg, hulle is so vrot dat 'n mens hulle nie kan eet nie" (Jeremia 24:3). Die mense van Juda wat agtergebly het na Babilon se eerste strooptog, was die slegte vye. In plaas daarvan om aan God se waarskuwing gehoor te gee, het hulle hul op Egipte beroep vir hulp. Maar al Farao se perde en manskappe kon Juda nie van totale vernietiging red nie. Inteendeel, so is Egipte ook veroordeel. Na Babilon met hulle klaar was, was Egipte nooit weer 'n wêreldmoontheid nie.
Wat van die ballinge? Eers het hulle "gesit en huil" by die riviere van Babel (Psalms 137:1). Maar toe het hulle 'n nuwe perspektief gekry. Jeremia het verklaar dat hulle die goeie vye was, vir wie God "uit Juda laat wegvat het na die land van die Babiloniërs. Dit was vir hulle eie beswil" (Jeremia 24:5 DB). God het vir hulle 'n hoop en 'n toekoms belowe—dit het die herstel van hulle vaderland ingesluit.
Soms is die lewe se uitdagings en moeilike dae in der waarheid bedekte seëninge. As ons deur moeilike seisoene gaan, kan God dit gebruik om ons te vorm en te laat groei. Hy het vir die ballinge gesê: "Ek sal hulle opbou, nie afbreek nie" (v. 6). Dit was nie tyd om te huil nie, maar om bly te wees. God het iets wat sleg was in iets goeds verander. Vandag doen Hy dieselfde vir jou en my! —Remi Oyedele
MEER: Lees Genesis 50:19-20 om Josef se perspektief van sy broers se wrede verraad te kry.
VOLGENDE: Is jy tans in 'n situasie waaruit jy wil ontsnap? Hoe kan dit gebruik word om God te eer en uiteindelik vreugde te bring?
Aangaande hierdie leesplan
![Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2592%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".
More
Verwante Leesplanne
![Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3841%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper
![Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15155%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
![Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F10842%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef
![Gesprekke Met God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9143%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gesprekke Met God
![Liefde sonder vooroordeel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12704%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Liefde sonder vooroordeel
![Kruis & Kroon](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11337%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Kruis & Kroon
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)