Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 7 VAN 14

Raak Ontslae van die Afleidings

Die grootste voordeel van minimalisme is dat dit jou in staat stel om jou grootste passies uit te leef. Minimalisme kan in der waarheid daardie passies ontbloot, of ten minste duidelik maak. Onthou, die doel van minimalisme is nie net om minder goed te besit nie. Die doel van minimalisme is om ons lewens se laste minder te maak sodat ons meer kan vermag en van die afleidings kan ontslae raak wat ons daarvan weerhou om ons lewensdoel te bereik. 

Jou persoonlike definisie van minimalisme sal ontwikkel en selfs dramaties verander soos jou lewe verander. Dit sal gee en neem vereis. Jy sal foute maak langs die pad. Juis daarom sal jou reis tot minimalisme nederigheid vereis. Uiteindelik sal jy egter die onnodige goed vanuit jou lewe verwyder. En wanneer jy dit doen, sal jy meer plek vind vir die dinge wat regtig saak maak. 

Mark Twain kry erkenning vir die feit dat hy gesê het: "Die twee belangrikste dae in jou lewe is die dag wat jy gebore word en die dag wat jy uitvind hoekom." En ek mag dalk 'n derde byvoeg: die dag wat jy enige afleidings verwerp en besluit om jou doel ten volle na te jaag. 

As jy jou eie lewensdoelwitte wil duidelik maak, sal my advies wees om jouself te begin ondersoek. Gryp 'n stuk papier en skryf jou antwoorde op hierdie vrae neer: 
1. Watter ervarings, goed en sleg, het jou lewe gevorm? 
2. Watter ooreenkomste kan jy herken in jou mees noemenswaardige prestasies?
3. Watter probleme in die wêreld het jy die meeste passie voor om op te los? 
4. As geld nie 'n kwessie was nie, watter tipe werk sal vir jou die aanloklikste wees? 
5. Watter drome in jou lewe voel jy die meeste spyt oor dat jy dit nie met meer erns nagejaag het nie? 
6. Wat is die blywende nalatenskap wat jy wil agterlaat?
7. Wie bewonder jy die meeste in die lewe? Watter spesifieke karaktereienskappe van dié persoon wil jy navolg? 

Jy sal aanhou om jou passies te definieer namate jy die items in jou huis minder maak. Herken egter nou al die feit dat jy nie gebore is om iemand anders se lewe te leef nie. Jy is gebore om jou eie te leef. Wees dus vandag vasbeslote om die beste weergawe van jouself te wees deur die benadering tot minimalisering te definieer wat jou nader sal lei aan die persoon wat God jou geskep het om te wees. 

Skryf jou antwoorde uit op die vrae hierbo. Hoe kan jou antwoorde dalk beïnvloed hoe jy kies om jou lewe te vereenvoudig?

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi