Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld
![The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2587%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Vinnigste Manier tot Tevredenheid
Ons almal wil voel asof ons gearriveer het. Asof ons alles het wat ons wil hê en ons is tevrede. Ons wil almal die land met die naam tevredenheid bereik. Dit is egter asof tevredenheid 'n bestemming is wat terugtrek in die verte elke keer as ons dit nader. Dit is onvermydelik wanneer ons konsep van tevredenheid afhang van materiële oorvloed.
Wat as tevredenheid gevind word in die teenoorgestelde plek van waar ons gesoek het? Wat as tevredenheid gevind word, nie in die versameling van dinge vir onsself nie, maar in die bevrediging van die behoeftes van ander?
Dit is waar dat, hoe minder ons nodig het, hoe meer kan ons weggee. Wat as die omgekeerde ook waar is? Sê-nou ons het al hoe minder nodig namate ons al hoe meer weggee? Met ander woorde, wat as vrygewigheid lei tot tevredenheid?
Mense wat besittings weggee, heg meer waarde aan hul oorblywende besittings. Mense wat hul tyd gee, maak beter gebruik van hul oorblywende tyd. Mense wat geld skenk, mors minder met die geld wat hulle oor het.
Wanneer jy begin om jou geld, besittings en tyd te deel, sal jy vind dat jy leer om tevrede te wees. Die oefening sal jou 'n fyner waardering gee vir wat jy besit, wie jy is en wat jy het om te bied.
Vrygewige mense leer om geluk te vind in dit wat hulle alreeds besit. Hulle ontdek dat die geheim vir tevredenheid verrassend naby is.
Dus: as 'n misplaaste soektog vir tevredenheid jou aanmoedig om te veel na te jaag, sal ek jou aanraai om jou ingesteldheid onder beheer te kry. Moenie betrokke raak by die wanneer-en-dan denke nie: Wanneer ek _________ kry, dan sal ek gelukkig wees. In plaas daarvan, onthou dat jou geluk nie van jou versameling van besittings afhang nie. Jou geluk is uitsluitlik gebaseer op jou keuse om gelukkig te wees.
Namate ek en Kim begin het om ons huis te vereenvoudig, het vrygewigheid natuurlik daaruit gevloei: ons moes ontslae raak van goed en ons het vinnig mense gevind wat dit nodig gehad het.
Soos wat ons dit gedoen het, het ons gevind dat dit baie meer bevredigend was om weg te gee as om te besit. Ons siening van materiële besittings het heeltemal verander. Ons wou nie nog meer goed hê nie. Ons wou meer ervaar van die oorvloed wat ons gevind het in gee. Tevredenheid het intrek geneem in ons huis.
Dit kan intrek neem by jou ook.
Op watter tye in jou dag voel jy die mees tevrede? Hoe mag die ontslae raak van sommige van jou besittings vir jou groter tevredenheid bring?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2587%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.
More
Verwante Leesplanne
![Die Minimalistiese Huis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13386%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Minimalistiese Huis
![Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en Siel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14304%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en Siel
![Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3850%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug
![Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2622%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)