Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld
Genoeg Is Genoeg
Koning Salomo van Israel het 'n fortuin bymekaar gemaak tydens sy regering. Deur bydraes van afhanklike koninkryke, het Salomo elke jaar 666 talente (omtrent vyf-en-twintig ton) goud ingesamel. As goud R1,000 per ons kos, beloop dit R800 miljoen elke jaar! Dit het nie eers sy inkomste uit belasting en handel ingesluit nie. (Sien 1 Konings 10:14-29.)
Jy kan maar sê dat Salomo 'n maksimalis was. In plaas daarvan om te sien hoe hy met minder oor die weg kan kom, het hy probeer uitvind hoe dit was om met méér te lewe. Hy het vir homself gesê: "... laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet!" (Prediker 2:1).
Hy het huise gebou en wingerde aangeplant. Hy het meer vee besit as enige iemand in Jerusalem. Hy het goud en silwer, mans- en vrouesangers en 'n harem gehad. Soos hy geskryf het: "Ek was magtiger en ryker as almal voor my in Jerusalem … ek het my geen plesier ontsê nie" (Prediker 2:9-10).
En tog, aan die einde van sy lewe het Salomo hierdie woorde geskryf: "Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind" (Prediker 2:11).
Nutteloosheid. Dit is wat Salomo gevind het.
Salomo het geëksperimenteer om te sien of besittings en geld geluk sou bring. Sy eksperiment het gefaal. Wat as ons 'n ander eksperiment probeer? Wat as ons probeer om te lewe met net dit wat ons nodig het vir die ware doelwitte van ons lewens?
Die beste manier om die verskil te sien tussen 'n behoefte en 'n begeerte is om 'n tydjie daarsonder te probeer klaarkom. As jy nie seker is of jy heeltemal van iets wil ontslae raak nie, sit dit in die motorhuis of in 'n kas vir 'n maand. As jy dit nie mis nie, het jy dit nie nodig nie.
Die samelewing beveel Salomo se tipe eksperimentering aan: spandeer soveel op jouself soos wat jy kan. En net soos Israel se rykste koning, is baie mense op pad na 'n besef van ontnugtering en nutteloosheid.
Ek stel voor dat ons aandag gee aan hierdie lesse. Kom ons loop die ander pad en eksperimenteer deur met minder te lewe. Namate ons uitvind hoeveel ons regtig nodig het om van te lewe en daarby bly, maak ons plek in ons lewe vir al die genoegdoening en vervulling wat ryk Salomo gehoop het om te vind, maar nooit het nie.
Wat is die een besitting waarmee jy kan eksperimenteer om sonder klaar te kom vir die volgende maand?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.
More