Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 11 VAN 14

Verskuilde Motiverings

Om veilig te wil voel, om normaal te voel tussen ander, om te voel asof ons gearriveer het — al hierdie motiverings is natuurlik. Daar is niks verkeerd met enige van hulle nie. Wanneer ons egter dink dat om 'n klomp geld te verdien en 'n oorvloed van besittings te koop vir ons hierdie resultate gaan gee, word ons amper altyd teleurgestel. 

Sekuriteit, aanvaarding en tevredenheid is nie die enigste verskuilde motiverings wat jou dalk mag dryf om te veel te koop nie. Hoe meer onnodige besittings jy van ontslae raak, hoe meer gaan addisionele, ongesonde motiverings hulle koppe begin uitsteek. Hulle mag dalk emosioneel moeilik wees om te ontmasker, maar dit is belangrik dat jy dit doen. Sommige mense koop meer goed as wat hulle moet omdat hulle 'n gevoel van ontoereikendheid het en hulle probeer om daarvoor te vergoed deur op te gaar. Ander is jaloers op vriende of kennisse en probeer met hulle kompeteer. En omtrent almal van ons is selfsugtig. 

Ons moet dít binne onsself erken wat ons aankoop besluite dryf. Slegs dan kan ons die mag wat materialisme oor ons het — om ons aandag af te lei van wat vir ons ware geluk en betekenis kan bring — vernietig. 

Ek sê weer, dit is nie dat dinge soos sekuriteit, aanvaarding en tevredenheid sleg is nie. Dit is net dat materiële dinge 'n beperkte vermoë het om daardie behoeftes te bevredig. Dit is hoekom ons ons natuurlike motiverings moet aanpas: 
• In plaas daarvan om sekuriteit daarin te soek om 'n klomp goed te koop, soek dit in 'n liefdevolle verhouding met ander mense. 
• In plaas daarvan om aanvaarding deur ander te probeer verkry deur baie goed te besit wat hulle ook het, herskryf jou definisie van hoe sukses vir jou lyk. 
• In plaas daarvan om tevredenheid na te jaag deur net nóg goed by jou besittings te voeg, laat tevredenheid na jou toe kom deur te waardeer wat jy het en weg te gee wat jy nie nodig het nie. 

Die oorlog om beheer te neem van ons motiverings is nimmereindigend. Selfs al het ons al 'n tydjie minimalisme toegepas, kan materialisme nog steeds 'n houvas op ons harte kry. Wanneer dit met jou gebeur, gebruik dit om jou verskuilde motiverings te ontmasker en herlei daardie motiverings om die geluk wat jy regtig wil hê, te vind — nie die valse geluk wat geld en besittings belowe nie. 

Wat dink jy dryf jou om te veel besittings te koop of te hou? Wat is een manier wat jy kan beheer neem van jou motiverings?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi