SielsontgiftigingVoorbeeld
Ons woorde het baie mag. Hulle het die mag om dood en lewe te gee. Salomo skryf dikwels in Spreuke van die gevare, asook die lewegewende eienskappe van ons woorde. Hy was intens bewus van die mag van woorde. As gevolg daarvan, moedig Salomo ons aan om bewus te wees van die soort woorde wat ons aan ander sê, asook die negatiewe en positiewe effek wat dit kan hê.
Watter soort woorde is jy meestal geneig om te gebruik — skadelikes of dié wat lewe gee? Verduidelik.
Watter soort woorde is jy meestal geneig om te gebruik — skadelikes of dié wat lewe gee? Verduidelik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church