Koninkryk KomVoorbeeld
GEBED:
Vader, dankie dat U my eerste liefgehad het. Leer my hoe om ander baie lief te hê.
LEESSTUK:
'n Priester, Edward Flanagan, het in 1917 'n tehuis geopen om die behoeftigste en kwesbaarste seuns in Omaha, Nebraska te help. Hierdie weeshuis het die hawelose, seuns met kriminele rekords en gebreklikes opgeneem. Een van die seuns, Howard Loomis, het polio gehad en dus swaar beenstutte gedra. Een dag het vader Flanagan gesien hoe een van die ouer seuns vir Howard by die trappe opdra. Vader Flanagan was beïndruk deur sy vriendelikheid en vra toe: "Is hy nie swaar nie?" waarop die seun antwoord: "Vader, hy's nie swaar nie, … hy's my broer".
Dis 'n pragtige prentjie van wat dit beteken om "mekaar se laste te dra". Die vertaling van die frase om mekaar se "laste te dra" beteken ook om "op te hou". Dit skets 'n prentjie in ons gedagtes om iemand op te lig en te dra. Net soos die seun wat vir Howard by die trappe opgedra het, is dit hoe liefde lyk.
Op 'n manier is om iemand lief te hê, om onsself aan lyding bloot te stel. Die ander persoon se hartseer word joune. Dit is ook een van die redes hoekom ons so dikwels op ons hoede is en traag om liefde te bewys. Dit kan moeilik wees om onsself bloot te stel aan 'n verhouding wat veeleisend of ongerieflik kan wees.
Tog is dit wat God van ons vra om as 'n gemeenskap van Jesus se volgelinge vir mekaar te doen. Hy verwag van ons om op so 'n manier lief te hê dat dit ons iets kos. God vra ons ook nie om enigiets te doen wat Hy nie eers self gedoen het nie. God het nie sy hart teen ons bewaak nie. Hy het dit in oorvloed uitgegiet. Jesus het sy hart met ons s'n verenig. Hy het ons lyding Syne gemaak. Hy het ons pyn ook Syne gemaak. Daarom vra Hy ons om dieselfde vir ander te doen. Dit is gedeeltelik hoe dit lyk om "'n lewe te lei, waardig van die roeping wat ontvang is".
NADENKE:
Dink 'n bietjie oor jou lewe. Wanneer het iemand jou in dieselfde omvattende, duur manier liefgehad soos Jesus het? Indien jy toegang het tot die persoon wat in jou gedagtes opkom, probeer om hierdie of volgende week — miskien 'n koffieafspraak of Zoom-oproep te maak. Maak seker dat die persoon weet watter verskil sy keuse om "jou laste te help dra" in jou lewe gemaak het.
Verbeel jou dan hoe jy jare in die toekoms by iemand sit wat dieselfde aan jou sê.
Vra die Heilige Gees om aan jou sy oë en hart vir mense te gee. Vra dat jy ander sal sien hoe Hy hulle sien en teenoor hulle reageer soos Hy reageer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.
More