Koninkryk KomVoorbeeld

Kingdom Come

DAG 10 VAN 15

GEBED:

Vader, ek wil U vandag sien soos U waarlik is. Help my om die korrekte beeld te hê van wie U is.


LEESSTUK:

Wag! Ek weet wat jy dink — het ek dit nie gister gelees nie? Daar is twee regtig groot gedagtes in hierdie verse, daarom is hulle tussen twee dae verdeel. Gister het daaroor gegaan om vas te stel waarop God gewerk het. Vandag gaan oor die rol van vrees in ons geestelike groeiproses.


So ongemaklik as wat ons met hierdie gedagte mag wees, vertel Paulus ons om "met eerbied en ontsag as verloste mense te lewe." In ons kultuur is ons geneig om daaraan te dink as 'n verouderde godsdienstige gebruik. Ons hou nie daarvan om aan God te dink as iemand wat ons moet vrees nie, nè? Hoe kan dit van hulp wees?


Verbeel jou jy is met 'n jong kind op die strand. Sou dit 'n goeie idee wees om na die see te wys en te sê: "Gaan speel lekker, ek gaan hier lê en 'n uiltjie knip?" Natuurlik nie! Dit sou uiters onverantwoordelik wees, nie waar nie? Jy sal die kind aan die hand neem en saam stap na 'n plek waar die branders teen die strand breek. Jy sal die kind wys hoe kragtig die branders is en waarsku teen die trekkrag van die strome. Jy wil hê die kind moet genoeg ontsag vir die oseaan hê, want dit is baie groter en kragtiger as 'n mens. Jy wil nie hê die kind moet die golwe binne hardloop sonder enige idee waarmee hy te doen het nie, reg? Daarteenoor, wil jy ook nie hê die kind moet te bang wees om van die promenade af te stap uit pure vrees vir die see nie. Jy sal hom of haar dus wys hoe om te speel, te plas en pret in die branders te hê, want dit is tog waarom mens strand toe te gaan. Wanneer dit dus by iets so kragtig soos die see kom, is daar 'n gepaste balans tussen liefde en ontsag.


Net so, wanneer die Bybel van vrees en ontsag vir God praat, is die doel nie om bang en verskrik vir God te wees nie. Dit beteken om 'n gesonde respek te hê vir die feit dat God baie groter en kragtiger is as wat ons ooit sal begryp. Dis om erkenning daaraan te gee dat wanneer ons tot God nader, is ons aan Hom ondergeskik. Hy is ver verhewe bo ons beheer of manipulasie — Hy is die almagtige Skepper van die heelal! Ons kan God nie in 'n broeksak druk of soos 'n gelukbringer ronddra nie. 


Hierdie wete beteken egter nie ons moet op 'n afstand van God af wees nie. In werklikheid is die teenoorgestelde waar. Wanneer ons 'n gesonde "vrees" vir God ontdek, is ons minder geneig om sy liefde as vanselfsprekend te aanvaar. Eintlik voed dit ons verwondering en trek ons nader aan Hom.


NADENKE:

'n Noodsaaklike gedeelte van 'n verbintenis met God, is om die korrekte beeld te hê van wie Hy is. Dit is baie maklik vir ons om so gemaklik met God te raak soos met 'n goeie vriend dat ons vergeet hoe groot Hy is. 


Hier is 'n paar vrae ter nadenke …


Was jou siening van God te klein? Wat was die gevolg van daardie beperkte siening? In watter gebiede dink jy mag jy God se liefde as vanselfsprekend aanvaar het? 


Vra God om aan jou 'n gesonde "vrees" vir Hom te gee wat jou sal help om Hom te sien as die ontsaglike en kragtige God wat Hy is. Dank Hom dan vir die geweldige liefde wat Hom daartoe gelei het om al sy krag op te offer en deur die dood aan die kruis te gaan om jou in 'n verhouding met Hom te verwelkom. 


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Come

Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org