Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Ester was 'n weeskind wat deur haar oom Mordegai grootgemaak is. Toe Koning Ahasveros besluit dat hy 'n nuwe vrou wil hê, het sy amptenare die grootste skoonheidskompetisie in die geskiedenis gereël.
Ester het die skoonheidskompetisie gewen en guns gevind by almal in die paleis.
Toe oom Mordegai weier om voor Haman, een van die koning se amptenare, te buig, is daar besluit dat Mordegai en die hele Joodse volk uitgeroei moes word. Toe Mordegai van hierdie noodlottige plan hoor, het hy sy klere geskeur, rouklere aangetrek, as op sy kop gegooi en uitgegaan na die stadsplein waar hy hard en bitterlik gehuil het. Dit was 'n Joodse gebruik om so aan te dui dat jy in rou was.
Mordegai se reaksie mag moontlik dieselfde as jou reaksie op lewensgebeure wees. Wanneer jy nie jou sin kry nie, volg jy die voorbeeld van Mordegai en trek jou rouklere aan en kerm en kla jy so hard en passievol dat die hele stad jou hoor!
As jy besluit om met selfsug en kinderagtigheid deur die lewe te stap, aangetrek in rouklere vol as, ontneem jy jouself van 'n intieme verhouding met die Koning van alle konings! Jy is nog steeds 'n Christen en jy sal die ewige lewe saam met Jesus deurbring, maar jou beheptheid met jou pyn terwyl jy nog hier op aarde is, sal jou die kosbare gemeenskap met Hom ontneem.
Ons maak 'n fout deur te glo dat as ons hard genoeg uitroep God ons sal aanhoor. Inteendeel, die regte wagwoord tot sy teenwoordigheid is danksegging!
Toe koningin Ester van Mordegai se reaksie hoor, het sy vir hom nuwe klere gestuur, maar hy het geweier om dit aan te trek. Die Heilige Gees het vir ons ook 'n nuwe klerekas gegee, maar dikwels weier ons om die klere van lofprysing aan te trek en verkies om deur die lewe te gaan met klere van pyn. Die Koning van alle konings weet dat sy teenwoordigheid die oorwinning in jou lewe sal bring en Hy nooi jou in. Ongelukkig mag jy nie in die binnehof gaan terwyl jy in die teleurstelling van jou omstandighede aangetrek is nie.
Trek die klere van lofprysing aan! Lig eerder jou hande in die lug op en sing jouself tot in sy teenwoordigheid in, eerder as om jou in emosionele pyn te verlustig!

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com