Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Een van die belangrike elemente wat vereis word vir die bou van 'n sterk gees is om verbind te wees aan 'n kerk sowel as om gemeenskap met ander gelowiges te hê. Moet nooit die slegte gewoonte ontwikkel om nie kerk toe te gaan nie! Die Gees van God is waarlik teenwoordig wanneer sy liggaam saam vergader en Hy sal jou gees tydens aanbidding versterk. God is lief vir sy koninkryk van gelowiges en dit maak sy hart bly wanneer ons almal bymekaar kom vir 'n dag van aanbidding, die Woord van God bestudeer en gemeenskap met mekaar het. Hy is nie net lief daarvoor nie — maar Hy hou daarvan as ons lief is daarvoor!
Die idee van 'n kerklewe en om in sy Naam te vergader, was sy idee van die dag af dat Jesus teruggekeer het na die hemel. Die Heilige Gees het geweet dat ons nie in staat sou wees om alleen te oorleef nie, maar dat ons hulpbronne sou nodig hê. Dit kry ons as ons in die geloof saamkom.
Moet nooit die wonderwerke wat binne-in jou plaasvind onderskat wanneer jy kies om in sy Naam met ander gelowiges te vergader nie. Wanneer die Woord van God verkondig word groei jy. Wanneer jy saam aanbid, groei die vrug van die Gees in jou lewe. Wanneer jy 'n tiende of offergawe gee, is daar 'n aansienlike toename in jou vermoë om 'n blywende impak te maak. Wanneer jy doelbewus besluit om in gesonde verhoudinge te tree met mans en vrouens wat die keuse gemaak het om God met hulle hele hart te dien, sal bitterheid en woede verdwyn.
Daar is geen perfekte kerk nie omdat daar geen perfekte mens is nie. As jou gevoelens seergemaak word by die kerk, besluit eerder om in vergifnis te wandel en seën die oortreder. God sal jou by die kerk ontmoet en jou hanteer op 'n wyse wat Hy andersins nie sou kon doen nie. Om kerk toe te gaan is nie wetties nie, maar dis 'n gesonde keuse wat nou en in die toekoms tot jou voordeel sal wees! Ek waarborg dit!

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com