Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 20 VAN 30

Wat My Verbaas

Ek vind dit verbasend hoe mense Jesus Christus verwerp sonder om eens die tyd te neem om sy aansprake te oorweeg. As jy soms met iemand oor die Christelike geloof praat, sal hul partykeer sê: “Wel, dit is nie vir my nie. Ek glo nie daarin nie.”

”Wel het jy al ooit die Bybel gelees?”
“Nee.”
“Ek het op die oomblik inderdaad ʼn Bybel hier. Sal jy — ”
“Sit daai ding weg!”

Noem die naam van Jesus of die feit dat jy ʼn Christen is en dit sal dikwels die einde van die gesprek wees.

'n Ruk terug het ek ʼn stad besoek vir ʼn vergadering ter voorbereiding van ʼn Harvest Veldtog. Terwyl ek rondloop, het ek besluit om by ʼn plek mosselsop te eet. Die man wat my bestelling geneem het, was baie sosiaal en spraaksaam en terwyl ons gepraat het, het ek gesê: “Haai, ek het gewonder of ek een van die strooibiljette hier kan opsit? Ons hou hierdie geleentheid.” Toe het ek een van ons strooibiljette van ons Veldtog aan hom oorhandig.

Hy het dit gelees en gesê: "Wag ... wag ... dit is ʼn Christen-orkes.”

Ek het gesê: “Ja, dit is ʼn Christen-orkes. Dit is ʼn Christen geleentheid. Ons gaan praat oor Jesus Christus en hoe om in ʼn verhouding met Hom te tree."

Die man was baie ontsteld. Ek het net na hom geluister sonder om hom te onderbreek. Terwyl hy vir ʼn ruk lank voortgegaan het, het hy my vertel hoekom hy nie in die evangelie, die Bybel, ens. glo nie. Toe het ek hom gevra waarin hy glo en ons het nog ʼn rukkie gepraat.

Dit is wat ek uitgevind het: Christene word daarvan beskuldig dat hulle onverdraagsaam is, al het ek ervaar dat dit nie werklik die geval is nie. In plaas daarvan het ek gevind dat die mees onverdraagsame mense dié is wat die meeste van onverdraagsaamheid praat.

Ter opsomming: Het jy gevind dat die mees onverdraagsame mense dié is wat die meeste daarvan praat om verdraagsaam te wees?


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org