Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 24 VAN 30

Vra Hoekom

Nie lank gelede nie het ʼn vrou wat haar kind verloor het, my vertel: “Greg, al wat ek kan vra is, 'Waarom? Waarom?' " Toe het sy gesê: “Is dit verkeerd om waarom te vra?”

Ek het vir haar gesê: “Ek dink nie dit is verkeerd nie. Jy kan waarom soveel kere vra as wat jy wil. Jesus het gevra: 'My God, My God, waarom het U my verlaat?' ” Ek het bygevoeg: “Moenie noodwendig ʼn antwoord verwag nie en selfs as God een sou gee, weet ek nie of jy regtig daarvan sal hou nie."

Waarom? Waarom? Wat as God regtig daardie vraag beantwoord? Dit het met Habakuk gebeur. Hy het aan God gevra waarom sekere dinge plaasgevind het. Dit het geen sin vir hom gemaak nie en God het gesê: “Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie” ( Habakuk 1:5).

Habakuk het dus eintlik geantwoord “Doen dit en kyk hoe ek reageer.”

Toe God hom vertel het waarom, het Habakuk nie van God se antwoord gehou nie. Hy het nie daarmee saamgestem nie.

God kan ons vertel waarom, maar ons gaan dit nooit verstaan voordat ons nie in die hemel kom en dinge sien soos dit regtig is nie.

Dus, in plaas daarvan om te vra, waarom, sal ʼn beter vraag wees: “Wat?” Bedoelende: “Wat wil U hê moet ek doen?”

Wat God wil hê jy moet doen, is om jou op Hom te beroep. Wanneer mense wat swaarkry na my toe kom en vir my antwoorde vra, sê ek vir hulle: “Ek het nie ʼn antwoord nie, maar dit is wat ek het: keer jou na God toe. Hou aan Hom vas. Bid.”

Eendag sal die waaroms beantwoord word. Tot dán gaan alles oor wie en wat. Dit gaan oor na wíé toe ons ons keer en wát ons doen. As tragedie ons dus tref, moet ons nie van God af weghardloop nie, maar ons na Hom toe keer.

Ter opsomming: Wanneer tragedie tref, moenie van God af weghardloop nie; keer jou na Hom toe.


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrifaanhalings is uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe, geneem.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org