Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Pyn in Perspektief
Die apostel Paulus het baie van lyding geweet. Hy het in 2 Korintiërs 1:8-9 geskryf: “... Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodsvonnis klaar oor ons uitgespreek is... sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op die God wat die dooies opwek tot die lewe.”
Wat ʼn openhartige erkenning van die apostel: Ons het nie gedink dat ons dit sal oorleef nie. Ons het gedink dat ons gaan sterf. Ons het dus opgehou om op onsself te vertrou en in plaas daarvan het ons op God vertrou.
Paulus het ook gesê dat ons die bemoediging wat ons van die Here ontvang het met ander moet deel: “In elke moelikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons ʼn oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed bemoediging deur Christus” (2 Korintiërs 1:4-5).
Ek dink ons sou ʼn ander perspektief oor ons pyn gehad het as ons kon sien wat werklike pyn is. Daar mag iemand wees wat hier lees wat regtig swaarkry, maar ek dink baie keer dat ons swaarkry nie so erg is as wat ons dink nie. Ons het perspektief nodig.
Ek het menigmaal na die hospitaal gegaan om mense te besoek wat op sterwe lê en baie het beter daarmee gevaar om my te bedien, as wat ek gevaar het om hulle te bedien. Hulle sou met my deel wat die Here vir hulle deur die Skrif wys, hoe Hy hulle bemoedig en versterk en dan het ek uitgestap met ʼn nuwe perspektief, want daardie mense het my gehelp.
Ter opsomming: Wanneer ons sien wat ware swaarkry is, kry ons ʼn ander perspektief.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrifaanhalings is uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe geneem.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More