Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
ʼn Nederige Verlosser
As jy God was, sou jy ooit in die versoeking gekom het om ʼn wonderwerk vir jouself te doen? Ek sou. As ek Jesus was, sou ek in plaas daarvan om lang afstande te loop, gesê het: “Ek gaan nou daar wees,” en ek sou daar gewees het.
Ook sou ek nie die kos in Jesus se dae geëet het nie. God het per slot van rekening voorkennis gehad. Hy ken die toekoms. Hy het dus geweet dat "KFC" uiteindelik sou bestaan. Hy het geweet dat al die kitskosse wat ons vandag eet eendag sou bestaan. Dus sou ek my dissipels uitgestuur het om te gaan visvang terwyl ek my "KFC" maaltyd geëet het.
Maar Jesus het nooit enigiets van dié aard gedoen nie. Selfs toe Hy tydens sy versoekings in die wildernis was en tot die dood toe honger, het Hy nie ʼn klip in ʼn brood verander nadat die duiwel Hom probeer verlei het om dit te doen nie. Hy het geantwoord: “Daar is geskrywe: 'Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God'” (Lukas 4:4).
Jesus het altyd aan ander gedink. Wat sê dit dus van Hom toe Hy dié woorde aan die kruis uitgeroep het: “Ek is dors” (Johannes 19:28)? Dit was die Skepper van die heelal wat gesê het "Ek is dors." Dink jy Jesus kon sy eie probleem opgelos het? Dink jy Hy kon water in wording gepraat het? Ja. Jesus kon die Niagra watervalle voor Hom laat verskyn het, indien Hy dit so verkies het. Maar in plaas daarvan het Hy net gesê: “Ek is dors.”
Dit herinner ons, alhoewel Jesus Christus ten volle God was, was Hy ook ten volle mens. Nooit sou Hy vir ʼn oomblik sy Godheid prysgegee het nie, Hy het immers nie altyd sy wonderbaarlike vermoëns na willekeur gebruik nie. Hy het sy heerlikheid beskerm. Hy was nog steeds God. Dit is hoekom sy dood en net sy dood, voldoende was om aan die regverdige opdragte van die Vader te voldoen.
Ter opsomming: Jesus het nooit sy Godheid prysgegee nie, alhoewel Hy nederig was.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More