Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Laaste Woorde
Ek het ʼn artikel gelees van ʼn Metropolitaanse Opera tenoor, Richard Versalle, wat tydens ʼn optrede op ʼn leer geklim en gesing het: “Jammer, jy kan net vir so lank lewe.” Op daardie oomblik het hy ʼn hartaanval gehad en gesterf. Ironies, dit was sy laaste woorde.
Eendag sal ons almal ons laaste woorde sê, ons testament. Jy mag weet wanneer jy dit gee of dalk nie. Wat sal jou laaste woorde dus wees? Hoe sou jy jou lewe opsom?
Miskien leef jy op hierdie oomblik met skuldgevoelens. Miskien druk die gewig van jou sonde soos ʼn ton bakstene op jou. Miskien het jy onlangs iets gedoen en begin besef hoe aaklig dit werklik was. Miskien is dit iets wat jy jare gelede gedoen het. Wat dit ook al mag wees, jy leef nou onder ʼn las van skuldgevoelens en jy weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. Wat gaan jy doen?
Skuldgevoel is ʼn simptoom van sonde. Dit is nie goed om net die simptoom te behandel nie. Jy het vergifnis nodig. Daar is net een manier om vergifnis vir jou sonde te kry en dit is by God, deur Jesus Christus. As jy dus vir Hom sou sê: “Here, ek is jammer oor my sondes. Vergewe my,” sal Hy jou vergewe. Die enigste sonde wat God nie sal vergewe nie, is die sonde wat ons nie wil bely nie. Die Bybel sê: “Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid" (1 Johannes 1:9).
As Hy die mense vergewe het wat Hom aan die kruis vasgespyker het, dan sal Hy jou beslis vergewe vir die sonde wat jy gepleeg het. Maak nie saak hoe verskriklik of onbegryplik dit is nie. Hy sal vergewe.
Ter opsomming: God vergewe my en ek kan ander vergewe!
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More