Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Die Beste Moet Nog Kom
Miskien voel jy soms soos Petrus gevoel het. Hy het namens die dissipels gepraat toe hy vir Jesus gevra het: “Ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?” (Matteus 19:27).
Jesus het geantwoord: “En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry. Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste” (verse 29-30).
Jy sê dalk: “Wel, Greg, ek het sekere dinge prysgegee om vir Jesus te volg. Waar is die aansienlike beloning dan?” Dit kom later.
Dit is wat jy moet erken: waarvan jy ook al afstand gedoen het, het God jou nie daarvoor vergoed nie? Jy het ʼn paar vriende prysgegee. Het Hy nie vir jou beter vriende in hulle plek gegee nie? Jy het sogenaamde plesier prysgegee, maar as jy terugkyk, besef jy nou dat dit glad nie plesier was nie, maar verslawings — en boonop vernietigend. Jy het gesien hoe jou lewe verander het en God het jou alreeds daarvoor vergoed.
Nietemin, die beste kom nog, want wanneer ons hemel toe gaan, sal ons belonings vir ons wag. Dan kom die hemel aarde toe en ons sal die duisendjarige heerskappy van Christus beleef. Dan sal Christus uiteindelik regeer en heers in die nuwe koninkryk en ons sal daarvan deel wees. Ons sal dan saam met Hom heers en regeer en daardie verklaring van ons Here, in reaksie op Petrus se vraag, sal vervul word.
Dus, wat jy ook al prysgegee het — of wat jy nou ook al prysgee — jy sal meer as net daarvoor vergoed word.
Ter opsomming: Wat jy ook al prysgee, sal deur Christus vergoed word.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More