Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 18 VAN 30

Belangriker as God?

As jy al ooit saad geplant en dopgehou het hoe onkruid daar om groei, dan weet jy dat onkruid nie skielik uit die grond opspring en begin om die plant geweldadig aan te val nie. Dit is ʼn geleidelike proses–so geleidelik, dat jy nie in staat sal wees om dit te sien as jy dit dophou nie, maar as jy ʼn kamera by die plant sou plaas en dit op tydvertraging stel, sal jy in stadige aksie sien hoe die onkruid die plant verwurg.

Jesus het ʼn gelykenis vertel van saad wat op verskillende tipes grond geval het. Die saad wat op grond vol onkruid gesaai was, is versmoor toe dit begin groei het. Jesus het verduidelik, “Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug” (Matteus 13:22).

Daar is sommige mense wat Christus vir geen goeie rede nie – net vir verskonings — verwerp. Vir sommige mag dit besorgdheid wees oor hul loopbaan. Hulle het ʼn bestaan om te maak. Hulle het verantwoordelikhede. Hulle het dinge om te doen en soms kan daardie dinge vir hul belangriker wees as God.

Ander sal mense bo Jesus kies. Groepsdruk eindig nie met hoërskool nie, want ons gee nog steeds om wat mense dink. Ons wil nog steeds hê dat mense van ons moet hou. Ons wil hê dat hulle ons moet goedkeur en partykeer gaan ons die slegste denkbare kompromië aan, uit vrees vir wat ander mag dink. Petrus het Jesus ontken uit vrees vir wat ʼn totale vreemdeling van hom gedink het.

Maar as jy sommige vriende prysgee, of ʼn posisie, of sekere plesiere, of enigiets anders ter wille van Christus, weet dit: God sal meer doen as net daarvoor vergoed.

Ter opsomming: Wat is vir jou belangriker as God?


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org