Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 22 VAN 30

ʼn Gebed vir die Vyand

Die eerste stelling wat Jesus van die kruis af gemaak het, was: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Lukas 23:34). Miskien sou ons dit beter verstaan het as Hy gesê het: “Vader, verdoem hulle,” of “Vader, veroordeel hulle.” Maar die eerste ding wat Jesus van die kruis af gesê het, was ʼn gebed vir sy vyande: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Jesus het toegepas wat Hy verkondig het. Onthou, in die bergpredikasie, het Hy gesê: “Julle moet jul vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel” (Matteus 5:44).

Jesus het ook ʼn profetiese voorspelling vervul. Jesaja 53, wat honderde jare voor Christus se dood geskryf is, sê dat die Messias vir oortreders sal intree en dit is presies wat Jesus gedoen het. Hy het vir almal ingetree wat ʼn rol in sy dood gespeel het.

Pilatus het geweet dat Jesus onskuldig was. Hy het gesê: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie” (Lukas 23:4). Maar omdat hy so besorg was oor sy loopbaan en posisie, wou hy nie vir Jesus vryspreek en vrylaat nie. Die godsdienstige leiers het geweet dat geen wettige klag teen Jesus gebring kon word nie. Selfs die Romeinse hoofman het by die kruis gesê: “Waarlik, Hy was die seun van God!” (Markus 15:39). Judas Iskariot het geweet dat hy verkeerd gedoen het, en het bely: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai” (Matthėüs 27:4).

Jesus het dus in effek gesê: “Vader, vergeef hulle. Hulle besef nie hoe erg dit is nie. Vergeef hulle, want hulle het vergifnis so desperaat nodig. Vergeef hulle, want hulle het ʼn sonde bo alle begrip gepleeg. Vergeef hulle, want hulle het iets gedoen wat erger as sleg is. Vader, vergeef hulle.”

Wanneer laas het jy vir jou vyande gebid?

Ter opsomming: Hoekom moet ek vir my vyande bid?


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org